Kalender

Event Information:

  • Tue
    24
    Sep
    2019
    Sat
    28
    Sep
    2019

    DIE VOORDELE VAN EIERWIT

    Aardklop - Potchefstroom

    MET Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck
    Kyk … as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag. Daar is ’n duisend dinge … mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n vegan) en pa se woonstel. Die voordele van eierwit besin oor ons gejaagde lewe, maar wat as dit vir ’n oomblik tot stilstand kom?