Biografie

Marion Holm is sedert 1986 ‘n gerekende aktrise en het verskeie, uiteenlopende rolle vertolk in haar jare by KRUIK en SUKOVS. Sy het al in meer as 60 teater produksies opgetree, meer as 20 keer op televisie verskyn, meer as 20 produksies geregisseur en meer as 10 tekste die lig laat sien.

Sedert 2004 doen sy haar eenvrou-vertonings, wat haar gevestig het as een van die land se beste aktrises en storievertellers in Afrikaans. Oor die afgelope 25 jaar het Marion haarself bewys as ‘n aktrise wat rolle kan vertolk in alle genres, ‘n regisseur wat omgee vir haar spelers, ‘n opkomende skrywer en ‘n uitstekende seremoniemeester.


‘n Volledige CV van Marion is beskikbaar op aanvraag. Stuur net ‘n e-pos aan Marietjie Rossouw by handyminds@iafrica.com.