Die Kaap is weer HOLMS.

March 17, 2015

Die Kaap is weer HOLMS – Nuwe vertoning nou oop vir besprekings. Marion se splinternuwe eenvrouvertoning, “Die Kaap Is Weer HOLMS” debuteer by die KKNK in April waarna dit landwyd by teaters en feeste te sien sal wees. Jy kan verwag om Marion, 18 splinternuwe stories en 26 karakters te ontmoet vir 90 minute se oneindige lekkerkry.

Marion vertel dat die titel kom van die sêding “die Kaap is weer Hollands”. Sy verduidelik dat die Kaap vanaf 1795 tot 1803 tydelik deur die Britte van die Nederlandse Stadhouer oorgeneem is. Dit was blykbaar niks lekker vir die latte en katte in die Kaap nie. So toe die Nederlandse bestuur weer in 1803 die Kaap oorneem, was dit vir almal wonderlik. Marion sê dat sy “wag nie tot iemand ánders my wêreld weer lekker maak nie; ek neem beheer en maak sommer my eie lewe lekker. Vandaar die verbuiging na Die Kaap is weer HOLMS.”

As jy nie by ‘n teater of fees kan uitkom waar “Die Kaap is weer HOLMS” aangebied word nie, kan jy altyd die vertoning na jou dorp toe neem. Kontak Marion hier om die vertoning vir jou skool, instansie of kerk te bespreek.


Teks:
Marion Holm en Chris Vorster

Regie:
Chris Vorster

Vertolking:
Marion Holm

Kostuum
Craig Leo

Vervaardiger:
Handyminds