Waarna jy kan uitsien – Marion se nuwe vertoning – “MARION HOLM”
Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks Holm se wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie … sy systap sonde en stouterds, sy glimlag gedwee en lag luid … sy boks braaf en keer vir seer … sy wys haar grys en is selfs skaam vir faam. Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Kom lag saam oor die chaos en die aanslae ...
Nuut vir 2017. Bespreek Nou.
"Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis" is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk. [En géén haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie.] Dit is Holm se 14de eenvrouvertoning en hierdie keer praat sy vir ‘n slag nie nét bog nie, nee-heeee ... hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie ... maak nie saak hóé ryk of mooi of maer ...