Nuut vir 2017. Bespreek Nou.

February 27, 2017

“Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis” is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk. [En géén haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie.]

Dit is Holm se 14de eenvrouvertoning en hierdie keer praat sy vir ‘n slag nie nét bog nie, nee-heeee … hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie … maak nie saak hóé ryk of mooi of maer jy is nie.

Sy klets oor prettighede soos siektes, ouderdom, swaarkry en leed – sonder enige lewenservaring, maar met baie humor! Hierdie mag dalk die meeste wees wat jy nog ooit gelag het oor swaarkry en swaar wees. Soos gewoonlik is Holm se daaglikse doen en late die onderwerp, inhoud en oorsaak van die grap. (Alle grappe is tuisgebak en tenkoste van haarself.)

As jy voel die druk van ons moderne samelewing word vir jou te veel, is hierdie die vertoning vir jou – jy sal uitstap en BAIE beter voel oor jou swaar lewe. (As jy dit egter geniet om teneergedruk te wees, is hierdie dalk nié die show vir jou nie!).

Klik hier om jou kaartjies te bespreek vir ‘n vertoning naby jou of klik hier vir nader besonderhede om die vertoning by jou fees, teater of organisasie aan te bied.