Kalender

Event Information:

  • Tue
    25
    Jun
    2019
    Sat
    29
    Jun
    2019

    KATVOET

    Innibos Fees - Nelspruit

    MET Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk Loots, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Laudo Liebenberg, Geon Nel
    TEKS Tennessee Williams
    Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof kry hier nuwe lewe in ’n vars verwerking. Nico Scheepers het die toneel verskuif na ’n wildplaas in die Limpopobosveld. Dis hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaarsdag. Boela, die oudste seun, drink homself dood om die spoke agter sy oë te verwilder en Maggie, sy eensame vrou wat suutjies trap, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef. Watter familiedramas wag nog om uitgepluis te word?
    Afrikaans | Geen o/16 | T | 110 min. R155, R170 (by die deur)

    SANW-OUDITORIUM