Kalender

Event Information:

  • Fri
    07
    Jun
    2019

    VERHAALTJIES EN STAALTJIES OOR DITJIES EN DATJIES

    Christiana

                                          -  ‘n Praatjie vir almal -

    Marion Holm gesels oor hoe moeilik, of maklik dit is om deesdae te oorleef:  blaffende honde, Facebook, onbeskoftheid en armoede.  Getrou aan haar aard gee sy ook al geselsende ‘n ander kyk op alles en nog wat,  en laat jou op die ou einde met ‘n positiewe hart wegstap.  Dit is nie ‘n toneel vertoning met beligting en klank nie;  dis net ‘n praatjie, ‘n lekker gesels kuier, maar aan lag en substansie staan dit nie ‘n aks terug nie.

    Kontakpersoon: Anna-lize Coetzer
    Tel: 082 922 3994