Kalender

Event Information:

  • Wed
    23
    Aug
    2023

    HOLMRUGGERY

    Prins Alfred Hamlet

    Selfs Marion Holm het na ’n jaar en ’n half weinig rondom haar kon sien om oor te lag. Toe besluit sy om in die verlede te gaan krap en daar laggoed te gaan soek. Want die hemele weet, lag moet ons nou lag. So het dit gekom dat sy stories van lank terug gebruik en op ’n nuwe manier inspan in die vertoning HOLMRUGGERY om ons verligting te bring in ’n tyd wat dit voel die ellende verswelg ons. Maar dit sal nie!! Want ons het die heel beste teenfoeter: LAG. Hierdie vertoning het werklik niks anders ten doel as om jou net te laat ontspan en lag nie. Niks lewenslessies of diepsinnige denke nie.