Marion op die silwerdoek
August 29, 2014
Hier is die lokfilm vir “Totsiens, Pa” wat deel is van die 2014 Kyknet Silwerskermfees. Ek speel een van vier susters (Mari) wat na vier jaar van stilte geforseer word om mekaar weer te sien wanneer hulle moet afskeid neem van hulle pa wat in die laat stadium van kanker is. Daar is Leani, die laatlammetjie, wat nie wil glo dat hul pa besig is om te sterf nie. Hannie, die uitspattige multi-miljoenêr, wil nie rerig daar wees nie. Linda, ‘n verpleegster, is meer gefokus op die mediese gevolge as haar eie emosionele toestand. Mari wil net die vrede bewaar en met waardigheid afskeid neem. Maar daar ís iets waaroor klarigheid gekry moet word: die erfporsie. Hierdie erfporsie bring die donker kant binne hulle na vore. Linda wil alles hê. Hannie kort niks nie. Mari wil regverdig wees. Leani wil nie hierdie besluite neem terwyl hul pa nog asemhaal nie. Is dit moontlik dat susters mekaar weer kan vind nadat hul eie geraamtes uit die kas geruk word? Die enigeste manier om uit te vind is om jou hande op die “movie” te kry.