Kook met Marion

June 25, 2014

Resepte om self te maak, aan te pas en te geniet.

Kook en eet lê my na aan die hart. Ek is mal oor hoe alles bymekaar kom. Die beplanning oor wie kom vir ete, hoeveel en wanneer. En wat pas by wat. En watter geur moet subtiel wees of uitstaan. En wat moet gepluk, of geskil of gebraai word. In my eenvrou-vertoning, geMARIONneer, het ek juis my liefde vir kook as inspirasie gebruik en na verskeie resepte verwys. Ek deel hulle hier met jou om self te maak, aan te pas en te geniet.

  • HOENDER EN VIS

    “‘n Baie basiese resep is knoffel, basiliekruid, olyfolie, suurlemoensap, sout en peper.”Hierdie resep het ek hier gekry en toe net die pietersielie met basiliekruid (basil) vervang. Die oorspronklike resep lyk so:

    Bestanddele

    • 2 huisies knoffel (fyngemaak)
    • 4 eetlepels olyfolie
    • 2 eetlepels gekapte pietersielie
    • 3 eetlepels vars suurlemoensap
    • Een agste teelepel peper
    • Een en ‘n halwe pond (0.68 kg) ontbeende, hoenderborsies sonder vel
  • VARK

    “So, vat ‘n bietjie five-spice, bietjie sojasous, bruin suiker, sjerrie, knoffel en gerasperde gemmer – vir die skop, Gesiggie.”Hierdie resep het ek hier gekry. Dit lyk soos volg:

    Bestanddele

    • 2 huisies knoffel (fyngemaak)
    • 4 eetlepels olyfolie
    • 2 eetlepels gekapte pietersielie
    • 3 eetlepels vars suurlemoensap
    • Een agste teelepel peper
    • Een en ‘n halwe pond (0.68 kg) ontbeende, hoenderborsies sonder vel
  • SKAAP
    “Gerasperde gemmer, asyn, chillie, cumin – party mense noem dit jeera, borrie en jogurt.”
    Ek het hierdie resep hier raakgelees en op daardie webwerf lyk die resep soos volg:Bestanddele
    Marinade

    • 2 teelepels gerasperde gemmer
    • 3 teelepels fyngemaalde chillie (m.a.w. poeier)
    • 2 teelepels fyngemaalde cumin/jeera (m.a.w. poeier)
    • 2 of 3 koppies jogurt
    • 2 teelepels borrie
    • Sout

    Om gaar te maak:

    • 1 kg skaap in groterige blokkies gesny
    • 3 eetlepels ghee (ghee is clarified butter)
    • ½ teelepel cumin/jeera
    • 2 kaneelstokke
    • 2 groot lourierblare
    • 5 kardemomsade
    • 6 huisies knoffel
    • ½ blokkie jaggery (Ek het nie geweet wat jaggery is nie, toe het ek gaan kyk en Wikipedia verduidelik so: Jaggery (also transliterated as jaggeree) is a traditional uncentrifuged whole cane sugar consumed in Asia, Africa, Latin America, and the Caribbean. It is a concentrated product of cane juice or date juice without separation of the molasses and crystals, and can vary from golden brown to dark brown in color.)
    • 4 uie in blokkies gesny
    • 2 eetlepels koljanderblare/dhanya
    • ½ kg aartappels in blokkies gesny

    Metode:
    Marineer die skaap oornag. Verhit olie en braai die aartappels tot bruin. Verwyder van die olie. Braai die lourierblare, cumin, kardemom, kaneel, knoffel en jaggery. Voeg dan die uie by en braai tot goudbruin. Voeg nou die gemarineerde skaap by en braai vir ‘n rukkie. Bedek en kook op lae hitte tot die vloeistof van die marinade weggekook het. Gooi dan 2 koppies water en die aartappels by en hou aan kook oor lae hitte tot die skaap sag is. Dit kan ‘n paar uur duur.

  • BEESVLEIS
    “‘n Tipiese marinade vir brisket is bv sonneblomolie, sojasous, wit asyn, suurlemoensap, Worcestersous, mosterd, sout & peper, naeltjies en pietersielie.”
    Ek het hierdie resep gekry by Ifood TV en ‘n bietjie aangepas. Die oorspronklike weergawe lyk so:Bestanddele

    • 1 ½ koppies sonneblom olie
    • ¾ koppie sojasous
    • 2 eetlepels Worcestershire sous
    • 2 eetlepels droeë mosterd
    • 2 teelepels sout
    • 2 eetlepel peper
    • ½ teelepel knoffelsout
    • 1 koppie droeë rooiwyn
    • 2 teelepels gedroogde pietersielie
    • ⅓ koppie suurlemoensap

    Onderdompel die vleis in marinade en laat oornag, vir 12 tot 14 ure, in dit lê. Gaan kyk gerus op die oorspronklike webwerwe na al die ander resepte wat ook beskikbaar is; so baie kos – so min tyd!