Marion se nuwe vertoning – “MARION HOLM”
April 5, 2020
Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks Holm se wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie … sy systap sonde en stouterds, sy glimlag gedwee en lag luid … sy boks braaf en keer vir seer … sy wys haar grys en is selfs skaam vir faam. Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Kom lag saam oor die chaos en die aanslae … voel dadelik beter oor jou eie kleinighede as Marion lostrek met stories oor vakansies, vegetariërs en vrouwees. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die oues is daar oumas, vir die tannies is daar dik koeksisters en vir die ooms is daar ʼn stomp saag. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.
Kaartjies by Elsa – 021 979 1911