Marion Holm – KKNK Vereerde
January 21, 2025
Marion Holm • Vertolking
Marion Holm word 60. In 2025 is sy vir
die 18de keer by die KKNK op die
verhoog in een van haar solovertonings.
Haar bydrae tot komedie en ’n
eiesoortige stand-up is besonders. Sy
het in haar vroeër jare naam gemaak as
verhoogaktrise by Kruik en toe ook op
TV in Die Casper Rasper Show, en
sedertdien het sy die een ikoniese TVrol na die
ander ingeryg. Marion is ’n
aktrise wat vir haarself ’n uitstaande
loopbaan in komedie uitgekerf het.