Die Kaap is weer HOLMS.
Die Kaap is weer HOLMS – Nuwe vertoning nou oop vir besprekings. Marion se splinternuwe eenvrouvertoning, "Die Kaap Is Weer HOLMS" debuteer by die KKNK in April waarna dit landwyd by teaters en feeste te sien sal wees. Jy kan verwag om Marion, 18 splinternuwe stories en 26 karakters te ontmoet vir 90 minute se oneindige lekkerkry. Marion vertel dat die titel kom van die sêding "die Kaap is weer Hollands". Sy verduidelik dat die Kaap vanaf ...
Marion op die silwerdoek
Hier is die lokfilm vir "Totsiens, Pa" wat deel is van die 2014 Kyknet Silwerskermfees. Ek speel een van vier susters (Mari) wat na vier jaar van stilte geforseer word om mekaar weer te sien wanneer hulle moet afskeid neem van hulle pa wat in die laat stadium van kanker is. Daar is Leani, die laatlammetjie, wat nie wil glo dat hul pa besig is om te sterf nie. Hannie, die uitspattige multi-miljoenêr, wil nie rerig daar wees nie. Linda, ‘n ...
Hol met Marion
HOL Marion - Nuwe vertoning nou oop vir besprekings. Hol jy saam, hol jy weg of hol jy in die hek vas? Ons almal hol mos anders en vir ander redes! In HOL Marion, hol Marion vir haar lewe. Sy hol vir haar brood en botter... letterlik, want sy's hol van binne, soos in leeg... soos in HONGER! Marion Holm bring nuwe stories wat sy en Chris Vorster saamstel vir die verhoog. Stories oor die alledaagse lewe en hoe sy dit waarneem. Dit is slim, ...
Kook met Marion
Resepte om self te maak, aan te pas en te geniet. Kook en eet lê my na aan die hart. Ek is mal oor hoe alles bymekaar kom. Die beplanning oor wie kom vir ete, hoeveel en wanneer. En wat pas by wat. En watter geur moet subtiel wees of uitstaan. En wat moet gepluk, of geskil of gebraai word. In my eenvrou-vertoning, geMARIONneer, het ek juis my liefde vir kook as inspirasie gebruik en na verskeie resepte verwys. Ek deel hulle hier met jou om ...