
|
Die verlede
Marion het Drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en was in die volgende studente produksies.
| Jaar |
Produksie |
Skrywer |
Rol |
Regisseur |
| 1983 |
In Camera |
Jean Paul Sartre |
Inès |
Ilsabet Uys |
| 1984 |
Vanaand Improviseer ons |
Luigi Pirandello |
Momina |
Dr Ben de Haeck |
| 1985 |
Slegs vir Almal |
Hennie Aucamp |
Verskeie |
Herman Pretorius |
| 1985 |
Die Moordenaar |
As jy weet, stuur ‘n e-pos! |
Moeder Piep |
Noël Roos |
| |
|
|
|
|
Direk na universiteit is Marion aangestel by die destydse KRUIK (Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste). In haar tyd by KRUIK het sy in die volgende verhoogproduksies gespeel.
| Jaar |
Produksie |
Skrywer |
Rol |
Regisseur |
| 1986 |
The Good Soldier |
Sveĵk Jaroslav Hašek |
Verskeie |
Neil Mc Carthy |
| 1986 |
Biblioteektoer: Lag ‘n Slag / It’s Laughter We’re After |
Saamgestel deur Simon Swindell, Gustav Geldenhuys en Marion Holm |
Verskeie |
Gustav Geldenhuys
en Marion Holm |
| 1986 |
Die Proponentjie |
Pieter Fourie |
Kleingriet |
Pieter Fourie |
| 1986 |
Skooltoer: Raka,
Macbeth |
Saamgestel deur Libby Daniels
Saamgestel deur Mark Graham |
Verskeie
Lady Macbeth |
Libby Daniels
Mark Graham |
| 1986 |
Gedagtes om ‘n Digter |
Van Wyk Louw se werk – saamgestel
deur Libby Daniels |
Verskeie |
Libby Daniels |
| 1986 |
Anatomie Titus – Fall of Rome |
Heiner Müller se verwerking van
die Shakespeare drama |
Die Nar |
Marthinus Basson |
1986/
87 |
Warm Patat |
Saamgestel deur Neels Coetzee en Marga van Rooy |
Verskeie |
Neels Coetzee
en Marga van Rooy |
| 1987 |
Biblioteektoer: Wag-‘n- Bietjie/Hang on |
Saamgestel deur Neels Engelbrecht en Marion Holm |
Verskeie |
Neels Engelbrecht en Marion Holm |
| 1987 |
Straatteater: Fabel Fun |
Saamgestel deur Mark Graham |
Verskeie |
Mark Graham |
| 1987 |
Ubu Roi |
Alfred Jarry |
Ma Ubu |
Chris Weare |
| 1987 |
Christine |
Bartho Smit |
Jong Christine |
Esther van Ryswyck |
| 1987 |
Biblioteektoer: Snuffel - en - Snuif |
Saamgestel deur Marthinus Basson en Marion Holm |
Verskeie |
Marthinus Basson en Marion Holm |
| 1988 |
Aap in die Mou |
Deon Opperman |
Moira |
Deon Opperman |
| 1988 |
Tartuffe |
Moliére |
Dorine |
Jannie Gildenhuys |
| 1988 |
Piekniek by Dingaan |
Ralph Rabie (ook bekend as Johannes Kerkorrel) en André Letoit (nou bekend as Koos Kombuis) |
Verskeie |
Gerrit Schoonhoven |
| 1988 |
Panorama |
Pieter-Dirk Uys |
Die onderwyseres |
Ralph Lawson |
| 1988 |
Liewe Heksie |
Saamgestel deur Juanita Fourie |
Liewe Heksie |
Juanita Fourie |

Hierna het Marion besluit 'n verandering sal goed wees, en by SUKOVS aangesluit. Daar het sy die volgende produksies gedoen.
| Jaar |
Produksie |
Skrywer |
Rol |
Regisseur |
| 1989 |
Amadeus |
Peter Shaffer |
Verskeie |
Peet van Rensburg |
| 1989 |
Die Drie Wense |
John Ambrose |
Die Vrou |
Annemarie Rauh |
| 1989 |
Brommer in die Boord |
Hennie Aucamp |
Daisy |
Blaise Koch |
| 1989 |
Die Reënboogsteler |
Hennie Baird |
Gerda |
Hennie Baird |
| 1989 |
Equus |
Peter Shaffer |
Die verpleegster |
Desmond Hughes |
| 1990 |
Hups in die Hydro |
Pieter Fourie |
Ella |
Jannie Gildenhuys |
| 1990 |
Die Aand van 16 Januarie |
Ayn Rand |
Magda Svenson |
Blaise Koch |
| 1990 |
Oedipus |
Hugo Claus |
Verskeie |
Jannie Gildenhuys |
| 1990 |
Nag van Legio |
PG du Plessis |
Hanna Jooste |
Louw Verwey |
| 1990 |
Liewe Heksie |
Verna Vels, verwerk vir die verhoog deur Billy Eagan |
Liewe Heksie |
Billy Eagan |
| 1990 |
Dis Al |
As jy weet, stuur 'n e-pos! |
Die Vrou |
James Blanckenberg |
| |
|
|
|
|

Hierna besluit Marion om heeltemal die bedryf te verlaat en sy gaan werk in Hermanus by die Ou Hawe Museum as 'n assistent. Daarna lei die lewe haar Johannesburg toe, waar sy by 'n in- en uitvoermaatskappy, Sukhulu Holdings, ontvangsdame is asook die skakelbord beman het.
Daarna gaan werk sy by Leads Artiste Agency (ook in Johannesburg) as kunstenaarsagent. Na dit het sy vir 'n ruk sinchronisasiebande vir oorklanking geskryf by die SAUK, alvorens sy by Principal Casting as rolverdelingsregisseur begin werk het. Mettertyd het dit so goed gegaan daar dat sy en 'n vennoot, Margie Fischer, die maatskappy gekoop het. Principal Casting het so gegroei, dat sy en Em selfs 'n Kaapse tak oopgemaak het. Marion het Principal Casting besit en bedryf tot sy teruggetrek het Kaap toe.
In die Kaap gekom (begin 2000) het sy enige vryskutwerk gevat wat die huur kon betaal: rekenaarwerk by Intec, gehoor opwarm by Liriekeraai, deelnemers koördineer by Liriekeraai tot by deelnemers werf en keur vir die televisieprogram Greed. Dit was dan ook juis as gevolg van hierdie produksiewerk dat Casper de Vries haar toe bel en vra om die produksie van die Casper Rasper Show waar te neem. En daar trek Marion toe weer op Johannesburg toe - hierdie keer egter net vir 3 maande. En terwyl sy produksiewerk doen op die CRS, span Casper haar sommer in om in 'n paar tonele te speel ook. En Marion voel weer hoe lekker dit kan wees om toneel te speel. Die volgende jaar was dit Die Casper Rasper 2 en steeds doen sy produksiewerk daarop, maar speel ook gereeld in sketse.
Dieselfde jaar vra Carien Loubser vir Marion om deel te wees van Doller As Kop-Af. Daarna het Jong Dames Dinamiet gevolg, die jaar daarna Anna Se Engel en toe is Marion weer voltyds terug in die bedryf. Vandat sy die bedryf verlaat het, en net hier en daar iets vir die verhoog gedoen het, lyk die lysie soos volg.

| Jaar |
Produksie |
Skrywer |
Rol |
Regisseur |
| 1992 |
Doringrosie (Pantomime) |
Janice Honeyman, vertaal deur Tobie Cronjè |
Die Koningin |
Tobie Cronjè |
| 1993 |
n Sederval in Waterkloof |
PG du Plessis |
Poppie |
As jy weet, stuur 'n e-pos! |
| 1994 |
Don Gxubane onner die Boere |
Charles Fourie |
Annemarie Halgryn |
Megan Wilson |
| 1994 |
... Is die Muis Baas |
Vertaal en vewerk deur Pierre van Pletzen |
Louise van Biljon |
Pierre van Pletzen |
| 1994 |
Ingrid Jonker: prosa & poësie |
Saamgestel deur Marga van Rooy |
Ingrid Jonker |
Marga van Rooy |
| 1998 |
Dis My Lewe, Moenie Lag Nie |
Marion Holm |
Verskeie |
Margaretha Fischer |
| 1999 |
Want |
Marion Holm |
Verskeie |
Margaretha Fischer |
| 2000 |
Dis die Lewe, Moenie Lag nie |
Musiek: Lize Beekman
Stories: Marion Holm |
Verskeie |
Lize Beekman en Marion Holm |
| 2001 |
Doller as Kop-Af |
Saamgestel deur 5 komediante wat elk 15 minute van hulle werk gedoen het. Die 5 was: Deon Opperman, Lizz Meiring, Henriëtta Gryffenberg, Marion Holm en Nataniël. Die idee en uitvoering van hierdie vertoning was Carien Loubser s'n. |
| 2002 |
Jong Dames Dinamiet |
Hennie van Greunen |
Surissa |
Hennie van Greunen |
| 2003 |
Anna Se Engel |
Hennie van Greunen |
Anna |
Hennie van Greunen |
| 2004 |
SUSSIE IS NOU SUUR |
Marion Holm se stories, saamgestel deur Hennie van Greunen |
Verskeie |
Hennie van Greunen |
| 2005 |
SUSSIE RAFEL NOU UIT |
Marion Holm en Hennie van Greunen |
Verskeie |
Hennie van Greunen |
| 2005 |
Die Tafel |
6 Sketse geskryf deur Jeanne Goosen, Leon Kruger, Chris Vorster, Henriëtta Gryffenberg, Malan Steyn en Saartjie Botha, saamgestel deur Hennie van Greunen |
Verskeie |
Hennie van Greunen |
| 2006 |
Braaivleis, rugby, sunny skies en... SUSSIE! |
Marion Holm en Hennie van Greunen |
Verskeie |
Hennie van Greunen |
| 2007 |
SUSSIE: SURVIVOR (KUILSRIVIER) |
Marion Holm en Hennie van Greunen |
Verskeie |
Hennie van Greunen |
| 2007 |
Die Vrou wat haar Man Gekook het |
Debbie Isitt, vertaal deur Hennie van Greunen |
Hilary |
Lara Bye |
| |
|
|
|
|
In terme van regie, televisie, radio en oorklanking, lyk die prentjie soos volg.
| Jaar |
Produksie |
Genre |
Spelers |
Skrywer |
Hoedanigheid |
| 1987 |
Wag-'n-Bietjie/Hang on |
Bib. toer |
Neels Engelbrecht & Marion Holm |
Saamgestel deur Engelbrecht & Holm |
Regisseur |
| 1988 |
Snuffel-en-Snuif |
Bib. toer |
Marthinus Basson & Marion Holm |
Saamgestel deur Holm & Basson |
Mede-regisseur |
| 1988 |
Quartet |
Drama |
Antoinette Kellermann en Neels Coetzee |
Heine Müller |
Assistent-regisseur vir Marthinus Basson |
| 1989 |
Fast Forward met Boeke |
Bib. toer |
Lede van SUKOVS |
Saamgestel deur Holm |
Regisseur |
| 1989 |
Die Koggelaar |
Drama |
Lede van SUKOVS |
Pieter Fourie |
Assistent-regisseur vir Gerben Kamper |
| 1989 |
The Call |
Kabaret |
Annemarie Rauh |
Annemarie Rauh |
Regisseur |
| 1990 |
Vir die Bysiende Leser |
Bib. toer |
Lede van SUKOVS |
Saamgestel deur Holm |
Regisseur |
| 1990 |
Pendoring Edms. Bpk. |
Komedie |
Lede van SUKOVS |
AS van Straten |
Assistent-regisseur vir Gerben Kamper |
| 1993 |
Covergirl |
Kabaret |
Elzabé Zietsman Marion Holm |
Saamgestel deur |
Regisseur |
| 1994 |
'n Seun na my hart |
Drama |
Marga van Rooy, Nomsa Xaba en Maurice Carpede |
Ingrid Jonker |
Regisseur |
| 1996 |
Die Femodom |
Indust. Teater |
June van Mersch en Me Kente |
Saamgestel deur Sandra Prinsloo |
Regisseur |
| 2004 |
Die Hangkas Haas |
Kabaret |
Thomas Channell, Melanie leRoux, Cornel van Zyl, Robert Koen en Dorette Potgieter |
Hennie van Greunen |
Mede-Regisseur met Pedro Kruger |
| 2005 |
Oorlog |
Musiek teater |
Pedro Kruger |
Hennie van Greunen |
Regisseur |
| 2005 |
Suurgat |
Komedie |
Leon Kruger |
Leon Kruger |
Regisseur |
| |
|
|
|
|
|

TELEVISIE
| Jaar |
Reeks |
Karakter |
Regisseur |
| 1987 |
Dot & Kie |
Toetsie |
Henry Mylne |
| 1991 |
Arende |
Die Tweelingsusters |
Dirk de Villiers |
| 2001 |
Die Casper Rasper Show 1 |
Verskeie |
Casper de Vries |
| 2002 |
Die Casper Rasper Show 2 |
Verskeie |
Casper de Vries |
| 2003 |
Die Casper Rasper Show 2 |
Verskeie |
Casper de Vries |
| 2003 |
Haak & Steek |
Tilla |
Casper de Vries |
| |
|
|
|
RADIO EN OORKLANKING
Verskeie dramas en vervolgverhale, byvoorbeeld "Die Donker" (1986) geregiseer deur Margot Luyt, "Die Voorbladnooi" (1989) geregiseer deur Anton Smith en "Tussenspel by 'n Bushalte" (1989) ook geregiseer deur Anton Smith.
TELEVISIE ADVERTENSIES
1992 Baker's Tennis Biscuits
1992 Marmite
1993 Heart Foundation Diet LIne
NOMINASIES EN TOEKENNINGS
1983 USAT Prys vir BESTE BYSPELER as Inès in In Camera
1986 Fleur du Cap Nominasie vir MEES BELOWENDE STUDENT
1988 Fleur du Cap Nominasie vir BESTE AKTRISE as Ma Ubu in Ubu Roi
1989 Fleur du Cap Nominasie vir BESTE BYSPELER as Dorine in Tartuffe
1990 Cobus Rossouw Toekenning (as lid van SUKOVS toneelgeselskap)
|