Kalender

  • Fri
    06
    Mar
    2020
    Sun
    15
    Mar
    2020
    Woordfees - Stellenbosch

    MET Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck
    Kyk … as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag. Daar is ’n duisend dinge … mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n vegan) en pa se woonstel. Die voordele van eierwit besin oor ons gejaagde lewe, maar wat as dit vir ’n oomblik tot stilstand kom?

  • Tue
    24
    Mar
    2020
  • Thu
    18
    Jun
    2020
    Tue
    23
    Jun
    2020
    18H00Digitale platform- Die Boer - by die huis!

    Uiteindelik het Marion ook 'n aanlyn konsert: BACKSTAGE MET MARION - opgeneem by Die Boer teater in Durbanville. Het jy al ooit gewens Marion kan na 'n vertoning net bietjie met jou kuier en nog 'n paar stories vertel? Wel, in BACKSTAGE MET MARION is dit presies wat sy doen.
    Resensent Diane de Beer som Marion so goed op: “Sy neem die alledaagse waarteen elkeen van ons daagliks kopstamp en maak dit haar eie op ’n manier wat die gehoor laat skaterlag. Vir ’n wyle is die wêreld se probleme iemand anders s’n en die lewe verloop lekker. Dis Holm se medisyne – soeter as stroop.
    Haar vertonings is gewild en dis maklik om Holm se kunstenaarskap te waardeer. Daar is nie baie vrouestemme wat die humorgenre aanpak nie.
    Wat Holm regkry, is om haar sê te sê, sonder prekerigheid of vingerswaai. Maar sy weet hoe om reguit te praat met een oog altyd doelgerig op die prys – vermaak.”

    Koop 'n kaartjie vir die vertoning op 18 Junie om 18:00 (beskikbaar vir 5 dae tot 23 Junie om 18:00) en kuier saam met Marion op die digitale platform- Die Boer-by die huis, want tans is lag regtig die beste medisyne!! Kaartjies reeds beskikbaar teen R100 by Webtickets.
    https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502277448

  • Thu
    31
    Dec
    2020

    Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks Holm se wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie ... sy systap sonde en stouterds, sy glimlag gedwee en lag luid ... sy boks braaf en keer vir seer ... sy wys haar grys en is selfs skaam vir faam. Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Kom lag saam oor die chaos en die aanslae ... voel dadelik beter oor jou eie kleinighede as Marion lostrek met stories oor vakansies, vegetariërs en vrouwees. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die oues is daar oumas, vir die tannies is daar dik koeksisters en vir die ooms is daar ʼn stomp saag. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.