Welkom by die amptelike webwerf van MARION HOLM...


Marion Holm is sedert 1986 ‘n gerekende aktrise en het verskeie, uiteenlopende rolle vertolk in haar jare by KRUIK en SUKOVS. Sy het vir 11 jaar opgehou toneelspeel, maar is weer voltyds terug op die verhoog en het sedert 2004 haar SUSSIE eenvrou-vertonings begin, wat die hele land aan die praat het.

Sy is egter meer as net ‘n aktrise; as mede eienaar van Handyminds, is sy ook ‘n besigheidsvrou. Handyminds is ‘n maatskappy wat, soos die naam sê, enige iets kan uitvoer wat jou brein kan uitdink: van die grootste korporatiewe geleentheid tot die uitverf van jou huis; van ‘n sushi sjef wat by jou huis vir jou kom sushi maak, tot ‘n meisie wat jou agterstallige administratiewe werk vir jou op datum sal bring.

            

 


 
fanclub