Foto's

 

Nog in doeke!

 

Sub B in die Laer Meisieskool Worcester.

 

Nie ‘n goeie foto nie, maar jou weliswaar die enigste foto wat ek van my en my ouers besit! Die ruiker was duidelik die rede vir die foto... Maar kyk agter op die tv is foto’s van al drie kinders: heel regs is Christene (my middelste sus) en in die middel is Martie (my ousus). Heel links is ek, maar dis te klein om uit te maak.

 

My eerste jaar op universiteit het ek die een “follow spot” gedoen vir die kabaret Ekskuus vir die Wals. Dit het gespeel in die Arena van die Nico Malan, deesdae bekend as Artscape.

 

My derde jaar op universiteit. Die produksie was Vanaand Improviseer Ons, geregisseer deur Dr Ben de Haeck. VLNR is Melinda Shaw (tans by FHM tydskrif), Jozua van der Lugt, Suzaan Steyn (SABC 2 Afrikaans nuusleser, o.a.), ek kan nie sy naam onthou nie, Ilona Frege, Gustav Geldenhuys, Jeanne Human, ek kan ook nie sy naam onthou nie, Casper de Vries en Roland Visser. (Jozua en die twee wie se name ek vergeet het, was nie in ons jaargroep nie.)

 

Milan Cronje is deesdae ‘n gesogte fotograaf, maar toe hy nog op universiteit was, het hy die foto’s van my geneem vir een van sy eksamens.

 

Milan Cronje is deesdae ‘n gesogte fotograaf, maar toe hy nog op universiteit was, het hy die foto’s van my geneem vir een van sy eksamens.

 

By die Fleur du Cap noenmaal in die Mount Nelson, 1986. Kyk hoe jonk, Mammie! Dit was my eerste nominasie, en wel as Mees Belowende Student.

 

1987.‘n Groepfoto van die tv-reeks, Dot & Kie. Heel links onder sit Hugo Taljaard, bo hom, links, is Nerina Ferreira, in die middel Henry Mylne (die regisseur), dan Patrick Mynhardt, bo hom ek en heel bo links is Nico Liebenberg.

 

In die een episode maak die haarkapper ‘n fout met “Toetsie” se hare...

 

Terwyl ek by SUKOVS was, was een van my hoogtepunte toe ek Liewe Heksie gespeel het. Isadora Verwey was die Geelheks.

 

Jare later het ek as vryskut aktrise weer by SUKOVS gewerk. Hierdie keer in ‘n produksie oor Ingrid Jonker se werk. VLNR is ek, Marga van Rooy (onder), Nomsa Xaba en Maurice Carpede.

 

In 2002 het Carien Loubser my genooi om saam met die rooi rose lesers op die Oranjerivier af te roei. Ek het aangeneem ons gaan net sit, met ‘n gin en tonic, en die gidse gaan roei. Toe nie!! Dankie tog Michele Nigrini is ‘n verdraagsame vriendin!

 

Die Casper Rasper Show: Casper, Pierre en ek in ‘n toneel uit Miesies Improbable.

 

Ook in Die Casper Rasper Show: Oom Kallie Marie en tant Anna.

 

Nog Casper Rasper Show – die skets was getiteld: Die Mammie.

 

Die verhoogproduksie Jong Dames Dinamiet saam met Margit Meyer-Rödenbeck.

 

Anna se Engel

 

SUSSIE IS NOU SUUR.

 

SUSSIE RAFEL NOU UIT.

 

SUSSIE: SURVIVOR (KUILSRIVER)
Die vrou wat haar man gekook het.

call me: 082 924 9828


 
fanclub