Kook met Marion

June 25, 2014

Resepte om self te maak, aan te pas en te geniet. Kook en eet lê my na aan die hart. Ek is mal oor hoe alles bymekaar kom. Die beplanning oor wie kom vir ete, hoeveel en wanneer. En wat pas by wat. En watter geur moet subtiel wees of uitstaan. En wat moet gepluk, of geskil of gebraai word. In my eenvrou-vertoning, geMARIONneer, het ek juis my liefde vir kook as inspirasie gebruik en na verskeie resepte verwys. Ek deel hulle hier met jou om ...

Lees meer