Meer oor Marion

Met meer as 60 teater produksies en 20 televisie optredes op haar kerfstok het Marion Holm haar bewys as 'n gerekende en veelsydige aktrise. Sy is egter meer as 'n aktrise; sy is ook 'n regisseur, skrywer en uitstekende seremoniemeester. As mede-eienaar van Handyminds is sy deesdae ook 'n gevestigde besigheidsvrou. Lees meer

Hulp met alles

Ek en my span se hande staan vir niks verkeerd nie. Ons kan jou help om enige iets wat jou brein kan uitdink, uit te voer. Ons help jou met die reël van korporatiewe geleenthede, die skep van industriële teater, die regie van teaterproduksies en die skryf en/of verwerking van tekste. Ons kan jou selfs met jou administratiewe werk help. Lees meer

Bespreek Marion

Jy kan vir Marion bespreek om op te tree by jou fees, teater of organisasie. Dit is makliker en bekostigbaarder as wat jy dink. Jy bespreek en ons daag op met Marion se nuutste vertoning om jou gaste of kliënte te vermaak. Of bespreek Marion as seremoniemeester vir enige geleentheid onder die son en ons werk saam met jou om te verseker jou funksie verloop so glad as moontlik. Lees meer

  • Hoe ongelooflik is die mens nie? Hoe verhewe, slim ... hoe oneindig talentvol ... beeldskoon ... amper goddelik. Die kroon van die skepping ... en tog ... vir my ... nie veel meer as stof nie. Ek verwonder my aan geen mens nie ...- Hamlet
  • En ek glimlag so wyd soos ‘n ongelukkige perd.- Marion Holm
  • Ek wag nie tot iemand ánders my wêreld weer lekker maak nie; ek neem beheer en maak sommer my eie lewe lekker.- Marion Holm